Geniet ons spesiale Naskool vir die lae fooi van R1550 per maand vir 2023. Dit sluit ons beroemde middagete en versnapperings in. Aseblief onthou dat ons aansluitings fooi van R450 'n een malige bedrag is en nie elke jaar verhaal word soos by ander naskole nie.

  • Die Naskool fooie van R1550-00 per maand vir 12 maande vir 2024,betaalbaar op die 1st van elke kalender maand.
  • Maandelikse fooie is vooruitbetaalbaar voor of op die 5de dag van die maand.
  • Leerders betaal R100 per dag of R300 per week as hulle by Juffrou Marié se Naskool wil kuier in vakansie tye. Leerders van anderskole is ook welkom in vakansie tye.
  • Die Naskool hef ‘n volle maand se fooi, al is die leerder as gevolg van siekte afwesig, of as die leerder met vakansie gaan.
  • As die leerder nie ‘n volle week die naskool benodig nie is dit ook reg. Ons sal persoonlike reëling oor die maandelikse fooi tref.
  • ‘n Volle maand se fooi word vir Desember gehef, al sluit die Naskool in Desember vir vakansie.
  • U moet elke jaar weer heraansoek doen om toelating tot Juffrou Marié se Naskool te kry, leerders wat die vorige jaar daar was kry voorkeur om aan te bly.
  • Een kalender maand skriftelike kennis moet gegee word alvorens die leerder die skool wil verlaat.